Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld –
groei die mooiste spierwit roos,
wat haar elke dag herinner,
dat haar Skepper haar sal troos.
Langs die muurtjie, wieg Gesiggies –
soos hul knip-oog na die son,
klomp gekleurde vlinders fladder,
want haar Lente het gekom.
Op haar stoepie, in ’n blombak –
breek die eerste blare deur,
van ‘n pikswart seldsaam Lelie,
wat ook hemelwaarts opbeur.
In die oondjie, bak ’n broodjie –
en die suurdeeg vul die sfeer,
want haar ingewande grom nou,
nooit gaan slaap sy honger weer.
Onder bome, in die koelte –
koggel Bloukop vir sy vrou,
en die Tortel vra sy maatjie,
of sy dalk met hom sal trou.
6 Kommentare
-
-
Viooltjie
Dis sommer baie pragtig. Goeie rym en ritme :-)
-
neels claasen
pragtige werk Evelyn. Jou pragtalent kom sterk na vore hier
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Lekker saam lees gedig net soos jy dit kan doen