Jongste aktiwiteit:

Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)

 

Die wit mis baar ‘n denneboom
uit newels oor die herfs wynland
donker stam met swartgroen kroon
pryk beeldend aan die berg se kant.

In die woonbuurt
hou die boerboel wag
agter ysterhek en pleistermuur
en wuif vlinderblomme silwersag
voor die ou stoep om die huis.
Die afdak spreek victoriaans
met ‘n kantpatroon
in broekie lace.

Die watervoor het ‘n bruggie oor
en pers bougainvillas blom hemelhoog
bo sinkrooi en geteële dakke.
Pride of India takke
pronk pienk – in rye – langs die straat.
En ‘n kind spring op ‘n trampolien
agter ysterpaal en heiningdraad.

Teen agtuur vlieg ‘n hadeda
– onder oorhang akkers en sering –
deur spikkelson en skadu’s in die laan . . .

en dis die bloekomboom
– van bas gestroop –
wat so bléékstam
in die witmis staan.

© C. Shaw
10 Maart 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed