Jongste aktiwiteit:

AFDRAAI SE PAAIE

Die wilgerbome langs die dam lyk vanjaar weer mooi
met hul dooprokkies blare wagtend
vir die seisoen se sinjales om te verander
terwyl gister se stof
saggies deur die oggendwind gekielie word
om houvas strepe op die grondpad by die groot hek
vir die nawinde te los

Die windpomp pof sy wawiel lemme
halstarig tergend teen die wind se bokshandskoene
en suig die nektar van die aarde na die plaasdam op
hoes astrant en suig nog meer
want die mielies het hul advokaat gestuur
om mooi vir water te kom vra.

Die pad vurk vorentoe
links
onderdeur die boggelkranse by die baksteen bruggie
regs
oor die doodlê-os-se pad
om anderkant die bult by die oopgebaste Bloekomboom
weer een te word

Gisteraand se ysvingers
hang vanoggend by die hond se kosbak rond,
terg die son se sofsuier wat oor die gerypte grasperk
nader sluip
wag vir smelt
en dros dan soos ‘n afrug huursoldaat
deur die krakies op die voorstoep
na die aarde terug

Soetgras stoei met hard getrapte twee ry spore
om anderkant die pad te kom;
die veldmuise het gisteraand kom onderhandel
om die halfmaan se lamplig vir ‘n prys te huur
vir maanstraal lamppaal ligkolle
langs hulle gras hoofwegte in die veld

Die padwyserbordjies is al lankal deur die roes rowers
vir ‘n sakkie ystersand verpand
koper-geel by die grootpad in die wind verraai
om ou grondpaaie se afdraaie
doodloopstrate vir die oog te maak




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed