
Stille waters, giftige grond
uit wolke van genade verleen
reën maagdelike water getrou
in kristalhelder stroompies heen
om alles wat ís met lewe te seën
‘n laafnis vir wie die lig aanskou
uit wolke van genade verleen
wat ons voortbestaan ondersteun
en die wêreld se dors onderhou
in kristalhelder stroompies heen
wat oor Godsakker eb en dreun
na wendamme uit beton gebou
uit wolke van genade verleen
waarin gifstowwe geurloos versteen
en in ons organe opbou
uit wolke van genade verleen
in kristalhelder stroompies heen
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek