Jongste aktiwiteit:

Praat

Jy praat van tyd, maar jy is altyd dronk.
Jou politieke opinie vol kontroversie en polemiek;
Ek het nie lus om in kringe oor dieselfde punt te redeneer.
Jy praat van liefde, maar jy is dronk.
In plaas van woorde wat vlei en van bewondering getuig –
is jou taal net kru – ek voel goedkoop en vuil.
Jy praat van voorsien, maar jy is dronk.
In jou hand was daar geen spys; net ‘n bottel port!
Ek verstaan nie – hoe het jy voorsien!
Jy praat van waardering vir wat jy het, maar jy is dronk.
‘n Gebrande kas, gebreekte deur, onkruid enkelhoog…
maak jou hoorder doof!
Jy praat van jou beste doen, maar jy is dronk.
Het jy jou bes probeer om “Nee,” te sê?
Ek sê, maar net…en jy praat maar net.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed