
Een Geel Roos
Stuur my net ‘n enk’le geel roos,
om te sê: “Ek het jou lief,”
om my te troos,
as jy vêr weg is, my Lief.
Stuur my net ‘n enk’le geel roos
om jammer te sê,
want jy weet ek is broos,
as ons woorde sou hê.
Gee my net ‘n enk’le geel roos
as jy naby is…
en jou lippe my liefkoos
en my lyf in jou arms rus.
Los een geel roos
op my graf, as ek sterf.
Een laaste geel roos
om ons gedeelde tyd klaar te verf.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Sjoe. Die eenvoud van die beelde wat jy skep maak dit vir my 'n groot vers.