Tornado 2017
God het sy woede oor die aarde uitgespoeg!
Ikone van tyd is uitmekaar geruk –
tot op die siel ontbloot,
waar geen uiterlike vertoon die seer verdoes.
Mens het baie woorde en vertrou in sy eie vermoë,
maar nou staan hy sonder ‘n enkele woord,
en aanskou die krag van die natuur.
Raak hy diep bewus van sy eie onvermoë.
Buig jou knieg voor die wind!
Pleit beskerming vir jouself en jou kind.
Wat kan staan teen sy naakte krag –
klas en status? Almal is gelyk bevind.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Pragtig geskryf en beskryf!