Jongste aktiwiteit:

Rigting

rigting is duidelik
op ń alleen paadjie
duidelik uitgetrap ongeag
die lê van die veld

rigting versplit
by pad kruispunte
waar koppe voete laat swaai
na die onbekende

dansmaats dans
saam op dieselfde pas
gly glad oor die baan
in vastrap harmonie

breekdansers dans
apart op maltrap ritmes
alleen ruk elkeen
in ń desibel hel

in die tone getrap
soek ons gedurig ritme
in verstrooide velle papier
wat dans oor ons pad

trap soetjies
die daaglikse geronddans
is ń dodemars




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed