HOEKOM MAMMA
Twee dogtertjie se oë ontmoet
vraagtekens en trane wat stil ‘n kinderhart ontmoet
sy breek haar toebroodjie in twee
wonder hoekom die dogtertjie nie eet
sy hardloop oor die speel terrein
eenkant sit ‘n seuntjie klein
kniegies hoog opgetrek
verwaarloos verslete op sy wang ‘n traan
sy sussie oorhandig die broodjie
verhonger eet hy dit gulsig
twee dogterjies se oë ontmoet
sy oorhandig die laaste helfde
sy neem dit en deel dit weer
twee dogterjies se oë het ontmoet
verby die uiterlike tot daar waar kinders se onskuld skuil
tot daar het brood krummels trane verslind
daar het kinderharte mekaar se smarte gevind
kinders het nie ‘n taal nodig
met hul onskuld en liefde is woorde oorbodig
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek