NOG EEN KEER
Nog een keer pappa
die swaai met reënboë kleure
wind wat my hoër lig
kinder glimlag wat die son soen
vreugdes uur wat boete doen
Nog een keer pappa
die tatoë se lewenskontoer
sel agt-en-twintig
leer hy inkleur op pappa se arm
tussen die kruis se lyne het hy Jesus gewaar
Nog een keer pappa
bid hy om in sy pappa se arm te slaap
val sy ogies toe in drome wat hy saam sy pappa maak
Nog een keer pappa
ek het ‘n tekening vir jou my eerste skooldag gemaak
dis die tatoë pappa
van Jesus en die kruis wat jy op ‘n koue plek kon ontmoet
Nog een keer pappa
vandag het ek alleen by ma se graf gestaan
my nommer is agt-en- twintig pa
tussen die dwelmstrate en sonder jou
het ‘n skoppelmaai swaai van verkeerde vriende my op kom laaik
@loret Zwarts
bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek