
morbiede mis
wanneer die see
verberg word in mis
is my duin ‘n morbiede
oord van donker gedagtes
wie sal ooit verstaan
waar my siel dan
sou heen sweef
feilbare bestaan
word heftig ontken
foute word net negeer
leuens is al wat regeer
maar oor alles sweef
daar spierwitte meeu
wat kos soek en kry
waar alles donker
onherbergsaam
onder digte
misgordyn
in stilte
bestaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.