Jongste aktiwiteit:

Liefde sal my besiel (Goud)

Sal ek pond en pennie lag-lag betaal
sodat my woorde my nimmernooit faal
voor ék my lier aan ‘n treurwilger hang
wanneer my ink in die niet wil versink?

Sodat my woorde my nimmernooit faal
sal liefde my verstand steeds besiel
wanneer my ink in die niet wil versink
as my gedagtes teësinnig verkalk.

Sal liefde my verstand steeds besiel
voor ek my lier aan ‘n treurwilger hang?
As my gedagtes teësinnig verkalk
sál ek pond en pennie lag-lag betaal.

© Loretta Szikra

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed