Jongste aktiwiteit:

Stormwolf

vandag was daar ‘n wolfgesig
in die lug het hy gehang
sy diep gegrom maak my
en elke omstandkyker bang
sy tande was ontbloot
en in dié dreigende statuur
het hy met onbewoorde tirade
die onweer begelei

gitsglimmerend en etsend
spoeg hy vonk en vuur
soos ‘n ingeperkte mondskilder
teen die swartblou van die wolke
in sy priemblik van die uur

maar met die tyd het hy bedaar
en soos menige aggressor
in die stilte na die storm
in die wolkvloei van die reën
uit sy kolking wegvervorm

so asof al sy vuurvennyn
sy kop in spyt laat afwaarts kwyn
het hy in witwater se wind
asof hy nooit bestaan het nie
uit die geestes
én die ware-oog
verskoningloos
verdwyn

Andries Fourie
(Seirdna)
26.01.2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed