‘n gedagte 10h27 vir Venus
In ‘n offer van spys en drank
sewe en twintig minute oor tien
in ‘n land van valleie;
waar die Pharos eens hul voete gewas het
en ek dekades skakeer het,
om jou droomverlore spoor-
wou ék hiërogliewes vir jou kerf
tussen die tydlose omloop van jou beeld-
want sien Venus-vir jou is ék ‘n Oase
waar jy jou dors in ewigheid kan verlustig
en soos ‘n rivier kan terugkeer na die see.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.