Jongste aktiwiteit:

ALTYD ‘n NUWE DAG

Goudstreep val oor houtvloer
deur roetbelaaide ruite.
Beklemtoon stowwerige duiwelsdons
wat onder swaar meubels vergader.

My naggewaad is flodderkous
met kabaai oorgegooi,
span ek my logge liggaam
moeisaam van die katel.

Skree planke hul krakekreet
asof hul onder my gewig wil breek
terwyl moegeloopde voete
skuifel-skuifel sleep.

‘n Nuwe more breek.
Gooi sy glans in leeggehuilde vertrekke,
Kom koop op al my traanvlekke
en vul dit met weerbegin juwele.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak