Genade plooie
b-l-i-n-d
is die hart
wat slegs die mooi
van ‘n lyf onthou
l-e-e-g
is die siel
wat aan die wêreld
se skatte vasklou
ware rykdom
lê in hoe ons liefhê
dis die mooi van jou siel
wat my hart onthou
en al lê jou grys wysheid
teen jou slape
en jou oë se blink verdof
is dit deur genade plooie
wat ons liefdesjaarringe
laat blom
en los ons ‘n legacy
van hoe ware liefde lyk
dis die mooi van jou siel
wat my hart onthou
want dis in hoe ons liefhê
waar ons ware rykdom lê
(C) Jessica Venter
21/9/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek