Vredesoase
wanneer die vrae
bar oor my siel kom waai
en die hoekoms
‘n woeste warrelwind kom saai
hoor ek Sy stem
in die stofwolk
“rus in My vrede”
terwyl die storm om en om kolk
met die toekoms se onsekerheidswolke
wat my wêreld
op sy kop kom draai
is die dorre woestynpad
met ‘n paar dorings besaai
dan hoor ek Sy stille fluistering
in my siel
want by Sy vredesoase
wat kalmte bring
verkwik Hy my
(C) Jessica Venter
23/10/2023 & 24/11/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek