
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali
Sy moes haarself ook ontvorm;
vasgevang in die vlaktes van vergetelheid
(in ‘n rustelose misnoegde droom)
moes sy met swaar voete
wat stadig slapend sleep-
soos een wat met dooie
vlerke probeer vlieg
treetjie-vir-treetjie
vorentoe stoei;
om haar oogkorrels
oor die swart lyn
van die horison te plant
(daar wortel te skiet)
ver weg van die fel oordeel
van belemmerde bloed beloftes
-hier wou sy na binne rol
om die warmkant van jou lag
oor haar gebede te vou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.