
liefde vir die stofpad
Stofwolke sluip oor die horison waar wattewolke in die hemel baljaar.
Met ʼn belofte van reën soos ʼn man se hand,
ʼn Elia belofte vir die basdroog land.
Tussen Calvinia en Sutherland, oor die grondpad waar die warrels wink,
lê die landskap wat heet my geboorteplek, plek waar ek vrede vind.
Weg van die bordeë van die stad, hier, in die stofpad bly ek mens, man en kind,
By die preekstoel aan die kant van die groot vallei voel ek vry, rustig, gevind.
Hier in die Roggeveld, tussen veegoed en skaap, by die klipkrale en grensmure,
klink die minnelied van die kaal vlaktes in ʼn droë wintertyd;
skitter soos sonligdag, en laat my siel stukkend uitskree, huil en lag.
Maar my hart hou vas aan die dae reeds verby,
waar liefde my vasbind aan die stofpad onder my
**bordeë – kunsmatig vrolike samekomste/ interaksies tussen mense van die stad
** basdroog – so droog dat die grondoppervlak soos die growwe bas van ʼn boom vertoon
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus – As die seisoene draai projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi