Koue vuurherd
onder die soet maanlig
skroei die herinnering
van jou blinkvosperd
deur my gedagtes
en onthou ek jou soene proe
van whiskey en tabak
as elke noot vals vibreer
op jou bokskitaar
terwyl die ramkiekie tokkel
breek my siel ‘n snaar
die melodie
van ons weivelde
sing sy sopraanwysie
as my hart sy skoenlapperdrome
oor die vlaktes
van jou leë beloftes jaag
dan blaas jou spookasem
oor my koue vuurherd
(C) Jessica Venter
22/07/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek