Meermin (Opdrag 5)
ek verstaan
dat jy wil loop:
die salpetersak
is swaar my lief
en sonlig ongefilter
ek weet
jy wil nie bly nie:
die deining
is te monotoon
en rotstroon ongekussing
maar voor jy
landlangs loop
oorweeg vlietend
tog my wens
in sand gevingerploeg
vir jou:
min- my-meer
© Denise van Rensburg 07/08/2018
5 Kommentare
-
Loretta Szikra
Mooi geskryf Denise☺
-
Viooltjie
Goeie werk, Denise
-
Callie Vermeulen
Pragtig geskryf Denise.
-
Driekie
Baie mooi verwoord.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie