Jongste aktiwiteit:

Vals liefde

liefde is vriendskap
op maat van musiek akkoorde
deur sy eie ritme uitgekap
praat sy eie taal sonder woorde

wanneer jou hart toktokkie klop
trou is nie perde koop nie, jy weet
gee jy stukkies van jouself in opgewonde galop
dis om saam sewe sakke sout op te eet

as twee harte mekaar vind
sing hul ‘n duet in harmonie
wat hul siele aanmekaar verbind
dan weet jy dis ware liefde die

maar wanneer jou lovesong op vals note stop
weet jy jul liefde was een helse flop

©Jessica Venter
10/01/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed