Jongste aktiwiteit:

Weerklank

my perde galop klankloos
verby gister se golwe
wat verbysterend en boos
hartkamers omdolwe

elke dag strompel met dowwe tree
bring gister se weer onthou
van dinge wat ten hemele skree
dan weer van diepe berou

soms weerklink kinderlaggies vrolik
bo-oor humeure wat plotseling plof
dan weer hande wat olik
oor moeë oë slof

verblydend kom die onthou
elke môre begin,splinter-nuut




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak