Wiskunde Klas
Wiskunde Klas
Ek sit in my gedagtes vas
Dagdroom in die wiskunde klas
Mense dwaal binne ʼn verbode woud
Tyd loop en die wêreld word koud
Eendag vat jy ʼn kans te veel
En binnekort word jy beoordeel
Ek voel my vriende is besig om te verdwyn
Hul omgee vir ander begin wegkwyn
Agter in die klas sit my vriende en kla
Hulle glo dat als in hul lewens pla
Die wêreld was mooi en toe begin hulle dit besoedel
Nou’s hulle besig om in die verkeerde plekke rond te vroetel
Mense dwaal binne ʼn verbode woud
Tyd loop en die wêreld word koud
Ek sit binne my gedagtes vas
Met trane staar ek na my vriende in wiskunde klas
© Larissa Beukes
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Larissa, wat 'n aangename vars wyse om jou vers te ervaar nie. Ek kan nie dink dat ek al ooit gekrit het op 'n oudio plasing nie en dit was sommer heerlik anders en lekker. Jou vers praat dieper as wat ek aanneem jou ouderdom is. Ek neem aan die genre waarin jy skryf weerspieël jou ouderdom of die 'verwysing' na 'n jonger skrywer. Ek dink jou gedig is werklik treffend. Ek sou graag 'n geskrewe weergawe wou sien om beter te krit, maar dit waarna ek geluister het dui op goeie ontwikkelbare talent. Ek hou veral van die tydsmeting in jou vers wat ritmies mooi begin, middel en sluiting verteenwoordig. Baie dankie vir jou vertroue dat ons kan omgaan met jou werk. Skryfgroete IM