Kind van Christus
KIND VAN CHRISTUS
Ek probeer die waarheid wegsteek
Skuldig luister ek na die preek
Binne my is ʼn gebroke siel wat wil gil
Ek voel ek verdrink maar ek bly stil
Ek besluit genoeg is genoeg
Die Here sien ek is moeg
Ek het seer en is gewond
Ek loop tot by die rivier se mond
Die water stoot op met elke tree
Die Here het sy genade aan my gegee
My kop onder water ontvang ek vergifnis
Nou ʼn kind van Jesus Christus
©Larissa Beukes
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Amen op n pragtige gedig!