
Einde herfs (Goud)
teen einde herfs
het ons in dwangakkoord
die trekpas betree
kort daarna
het die kosmosse
hulle kleure uitgevee
en in die winterveld
se doodsbleek agtergrond
weggesmelt
maar, nog ‘n winter later
staar die seer van ons verweer
my vierkantig in die oë
en laat dit opeens
bloupers kosmos kneuse
aan die skeurkant
van my winterhart
se brose wand
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek