Godgeskenkte Pais en Vrede
Die laaste strale van die sinkend’son
sterf sleurend in saffier se kleur
en vermeng die wegkaatstinte
tot aangeslane koperkleur.
Naderby tand persswartberge
na bowe nes ‘n haai se kaak
en gooi lang uitgerekte skadu’s
in die son se Wes wegraak.
Digby die murmelende beek
groei aronskelkies ingeryg
met tussenin -volmaak verskuil-
dwergvarings groen en teer van twyg.
Geelvinknessies skommel sussend,
wiegende in die bries wat waai
met net ‘n eenloopbleshoender
wat sku en solitêr kom baai.
Dié pais -met nadering van nag-
verruk my siel tot swymeling
oor God se uitstort van gena’
vir my as aardse enkeling…
14 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Voortreflike assonansie en alliterasie hier ingewerk. Knap gedaan.
-
Kiekies
Van die regulasies van digtery weet ek minder as niks, maar van sielsmooi voel in my diepste hart. En hierdie was sielsmooi en vul my met dankbaarheid !!
-
Viooltjie
Sulke pragtige beskrywings, Koekekranka. Dis heerlik om te lees...
-
Manna
So lekker om te lees. God is groot1
-
Amaspoke
Absoluut uitstekend!!!! Daar is nie woorde om te beskryf nie . . .
-
Anze
Ek staan saluut vir hierdie pragtige woordskildery.. absoluut PUIK gepen.. soos altyd!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Waow asemrowend mooi