Bittere boete
Spookagtig waarsku- roep
skeur deur swanger stilte
van snikhete Bosveld nag
Iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbaar’ donsige vrag
Knaagdiere skarrel -haas
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van geveerde vyand
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer
Hul besef maar alte goed
dat kom reën of wind
honger vyand se kind
gaan nie faal vanaand
een van hul maters
gaan in hierdie stil nag –
bitter vir sy lewe boet
8 Kommentare
-
-
neels
soos Koekakranka dit stel die natuur is wreed maar dit is deel van die voedsel ketting
-
Arnold
Wie nie in sy pasopens is nie, is die maal vir sy vyand.
-
Amaspoke
Pragtige werk. Dis net soos Koekekranka sê, dis die lewe
-
Ronel Janse van Vuuren
Goed gepen. Ek kan al sien hoe skarrel hulle weg ;-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Die onomkombaarheid van die voedselketting as gegewe in die natuur baie goed onder woord en gedagte gebring. Baie dankie vir die vooreg om te kon deel.