Afrikaners is plesierig
Afrikaners is plesierig
Onthou jy,
“Vlak langs die pad het ‘n boompie gestaan…?”
Bok van Blerk geskiedenis opgehaal
fors, regverdig, de la Rey – vernaam.
Afrikanerstryd- generaals rondgemaal,
nuwe held ons opstaanhoop!
Deur misdaad, regstellend verlam
die lee toekoms ingeloop
Afrikaner, verinneweertam!
Eens trotse arm wat ‘n slag slaan,
nou, vernederd en onttroon..
Bloed en sweet, als ongedaan
met die hede wat ons loon!
Kans gehad en verbrou
verward soekend, stamperig beurend.
Op wie sal ons lewenstaak bou?
Nasionalisme, broederbond steunend,
rugby, songs, brandewyn en boeremag?
Taal en forums, solidariteit en vakbond,
kultuur, Voortrekkers en vlag ?
“Maak misleide volk gesond,”
grypend na God in hierdie mengelmoes?
Rondtas, al die stemme-waarheen?
Bosberaad, indaba, dit wat ons oes
praat ons moedeloos, gestroop en alleen!
3 Kommentare
-
neels
My vriend daar is net een oplossing. Hierdie volk moet sy sondes belei en by God vergiffnis vra. Dan sal Hy ons verlos soos Israel van ouds
-
Anze
Ek ditto vir Neels, ons moet belei en ons voor God buig en terugkeer na Sy Woord en insettinge... ons volk hardloop te graag agter ander gode aan.. baie goed gepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
,Goed bedoel is nie goed genoeg nie,' het iemand gesê. ,Aanhouer wen,' sê iemand anders. Ons deel jou gevoelens en soek ook 'n uitweg. Êrens in die kruppelhout bloei 'n madeliefie. Haar moet ons soek. Dankie. GvT