Malmens
Alleen, verlore en vreeslik bang
elke dag – leë toekoms tog so lank.
Geraas, al die mense en gedrang
goeters wat in my kop rondrank.
Rekkend-slierte drup my kwyl,
is ek deel van die mens se stryd?
‘n Dol wereld soek nie my styl,
hoe lank nog-wat is toekomstyd?
Ek beloer al’s uit my hoek
die breek, seer en die verniel.
Kwaad in my alles uitmekaar vloek
‘n oorvol gemoed, emosies onstabiel.
My brein en hart gekoppel is so vol
loerend na mag en ewige gejaag.
Al die laste en stryd eis sy tol
wie sou tog luister na my vraag?
Haat en afguns-stinkendmens
stryd en baklei na eer en mag.
Dol, mal-sien my oog se lens
al die maskers, my innerlike lag.
Slepende onbeholpe tong
Oë breinslap dowwe skyn.
My kop se eie “song”
eintlik onbeskryflik rein!
Almal dink ek is stapelgek
maar die malmens is ook vlees.
Al my tekortkominge oopgevlek
salig is die armes van gees.
4 Kommentare
-
-
Anze
Volg jy maar net die "song" binne jou, die res maak nie rerig saak nie.. baie mooi gepen
-
Koos Elsum
Ek vertrou ek vind jou nog op Ink! Ek weet dis baie lank terug dat jy die gedig geplaas het, maar dis treffend dankie Graag sou ek vra of die aaneen skryf beplan was want, net in my opinie, jy kon die trefkrag verbeter om strofe onderverdeling te gebruik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
So moet ons nie omgee wat die volgende persoon se dunke van ons is nie maar wel hoe Hy ons sien en vir Hom is ons almal diamante.