DUIWEHOK
DUIWEHOK
God se kinders is soos duiwe:
goed versorg in goeie hok.
Ons God het self die hok berei,
en elke kind kan veilig by Hom bly.
Daar buite is ‘n kat wat wag.
Hy hou die duiwe dop.
Die duif wat dalk net uit kan kom,
gaan héél verorber word!
Daar buite is ook ander maats
wat koer en roep en roep.
Ou duifie, moet tog nie so staar
na hul wat buite roep.
Jy het ‘n sterk geboude hok.
Daar’s Een wat jou versorg.
By Hom is al wat jy begeer.
Sy liefde is vir jou genoeg.
4 Kommentare
-
Palet
Pragtig
-
Anze
Solank ons in die hok bly kan die wereld ons nie besoedel nie.. pragtig gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Pragtig inspirerend gepen.