Jongste aktiwiteit:

Net ‘n halwe mens

net ‘n halwe mens
met ‘n billike wens
dat gister se distels
in doringseer spore
soos mis sal verdwyn

net ‘n halwe mens
met ‘n broos breek-hart
boepens vol omgee
maar in sy kamers
lê sakke vol smart

net ‘n halwe mens
wat stomstil-starend
nar borrel-lag volg
om elk hoek en krom-draai
soos dit tartend uitkraai

net ‘n halwe mens
wat ‘n wiegie-lied sing
knielend, bid en wonder
wat die tere toekoms
se kontoerkaart bring

net ‘n stukkend’ mens
vol goudhoop en geloof
wat staande sal bly hou
tot die son verduister –
en kers finaal uitdoof




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed