Jongste aktiwiteit:

Afrika-ikoon [Silver]

‘kieu-kou-kou’
roep Afrika se visarend
toe die stoomtrein van die son
gaan staan
op die paron van die horison

pêrelpienk
blaas hy stoom af
en skud sy skitterblink as uit
in die possak van die melkweg

kaleidoskopies
ikoon die hemelruim
wyl die stoomtrein van die son
laag op sy spore
oor die see verdwyn
——-oo00——-
(©Pieter Mostert)
* Klanknabootsing : ‘kieu-kou-kou’
roep Afrika se visarend




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed