Muse
Die trane breek uit oor haar gesig
Vrugwater van al haar ongebore kinders
Sê sy: “Ek hoor my hart in my pupil klop”.
Haar hande sing saam ‘n woordlose lied
Dit staccato in lynlose bladmusiek
Swart blaaie ná die verbranding in haar hart
Die klank van haar wese kletter grond toe,
Haar vingers skêr die snare
Die gesalfde ramkie is haar kop
© labri
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.