(my)topia
dié plek van plekke
op hierdie aarde
in hierdie land
waar:
mense nog groet
mense nog weet wie hul bure is
mense nog die Skepper van alles aanbid
elkeen nog in sy binneste ‘n gewete voel
kwaad nie die goed in mense oorweldig nie
liefde vir die self – nie naaste liefde oorheers
eenvoudige dinge ook aandag kry
mooi musiek nog waardeer word
kinders nog buite kan speel
oupas en oumas nog is
ouers nog ouers is
die mooi van die natuur
mense nog op hul knieë kry
dit is waar ek graag wil wees
al is dit net in my geestes oog
waar ek kan sweef en reis
telkens weer tuiskom
met vrede in my siel
die werklikheid
my nie net skok
maar weer hoop gee
vir die dae
wat vir my oor is
wat ek het
om Hom
te dien
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.