Latest Activity:

Danel (3 Jaar)

My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind.

Met elke dag
wat verbygaan
is jy besig om my te help om
die waarde van leef te vind.

Ek glimlag wanneer ek na jou kyk
(en selfs as ek met jour raas)
want jy is soos jou mamma
al is daar gesê jy gaan nie wees nie.

Een ding is ek van seker
niemand gaan ooit op jou trap nie
(behalwe dat ek gaan help baklei vir jou)
het jy jou eie wil
en jou eie way
van getting your own way
terwyl dit so oulik lyk.

My kind
wat (nes jou ouboet) lief is vir die maan
(en veral soggens)
… dit groet en daarvoor waai

en ook my roep wanneer die wolke
pienk of pers skyn

en as jy ’n feetjie op die ‘visie sien,
dan soek jy jou eie vlerke.

My ekstra geskenk van bo
my krulkop meisiekind
hou altyd jou vlerke oop …
wyd wyd wyd oop gesprei.




... daar is altyd Hoop.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post