Die s(eerste) liefde
die populiere langs die N1
se loof is aan’t verkleur
net soos wat dit immer
met elke herfsbegin gebeur
*
ek dra nou stories op my hande
daar’s r(ou) verhale in my oë
(liefde’s nie vir altyd nie
tog ~ eens het ons dit geglo)
en ek vertel dit vir die mossies
ook vir die duiwe in die lug
maar soos windswaels
na die noorde
slaan my woorde op die vlug
*
Die populiere langs die N1
wis die winter kruip weer nader
dat koue winde (ongenaakbaar)
alles wat ooit somer was, verwoes
en net soos blare in die herfs
verkleur van groen tot amber
net so kom die s(eerste) liefde
onwillig ~ maar eindelik ~ tot roes
© C. Shaw
25 Maart 2016
6 Kommentare
-
-
neels claasen
Carma een van jou mooistes ooit. hierdie werk onderstreep weer jou pragtalent en verdien n diamant
-
Evelyn van der Merwe
wow! Volpunte
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ai jinne hierdie is seer met kleur! Puik puik puik!!