Jongste aktiwiteit:

uit(in) hoogste rak

ek gaan haal vir jou
‘n paar woorde nou
wat diep kan sny
uit hoogste vlak
van my geheue
stof ek dit af
.
ek sukkel om te sê
wat my hart wil hê
krom en skeef
die lewe is te kort
wat sal word
sal ons leef
gister is vandag
môre moet wag
nou is leef
dikwels het ek probeer
om myself dit te leer
dan het dit gebeur.
raak tog net aan my
lewe is so gou verby
lydings uur is daar
moet tog nie bitter
met die suur vermeng
dit maak niks soet nie
eet die perske wang
terwyl dit blink van pret
vergeet die groep se dwang
sluk die trane van vandag
om môre se gedagtes te voed
aan gedagte se plant blom hoop
Ó Tearlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed