Jongste aktiwiteit:

‘n Gesoute lewenspot

‘n Gesoute lewenspot

Vul jou lewenspot met die sout van die aarde
elke korreltjie sorgvuldig met liefde gevorm
want attiese sout dra geen waarde
wees opreg en neem ander onder die arm.

Waak teen te veel sout
want bitterheid dryf ander weg
‘n knypie sout op die regte tyd is jou behoud
dit maak enige lawwe mengsel reg.

Moenie jou sout vir die varke gooi
hul verorber dit sonder om te blik of te bloos
as die son skyn, werk mooi met jou hooi
maak tyd vir sout opeet saam met jou kroos.

Verdien jou sout, in jou prille jeug
maar moenie die eie ek voor stel
wees eerder nederig en dra ‘n goeie deel deug
en dra die waarheid stempel.

‘n Lewenspot met die aarde se sout gevul
gee smaak en skep ‘n toegeneentheid
vir ander om aan te smul,
staan dan altyd regop en fier in gereedheid.

C Diederiks ©

Voetnota:
Attiese sout – fyn geestigheid
Hooi as die sonskyn – benut geleenthede
Waarheid stempel – egtheid




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed