Laat my Jubel
Al ken ek nie die pad van more,
Leer my om op U te vertrou.
U is bekend met al ons wee,
U sterk ons ook in elke tree.
Sou ek die lig sien opkom,
Maar my hart nie spring van blydskap,
Laat my steeds jubel in my bede,
U is getrou, U is ons vrede.
Maak my voete soos die van ‘n ribbok,
Laat my veilig op hoer hoogtes loop.
U hou by U beloftes…
‘N nuwe lied sal ek weer sing want U is groot!
Gee dat ek mag jubel
Al sou dit nie goed gaan.
Laat my jubel,
Wat U doen is welgedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.