Jongste aktiwiteit:

RUS

Ek wil slaap totdat, deur die loom van katoendons-drome, my oë stadig oopsyfer. Ek wil die Jaar in ‘n bondelhoop op die vloer sien lê, net om dan weer om te draai en af te sluit van dit wat skynbaar daar is.

Ek wil slaap totdat die ysterkabels in my ingewande losknoop tot soepel en glipglad, en U Behaaglikheid vredig oor my spoel.

Ek wil slaap totdat die versteende graniet van my skouers afgly en verpoeier tot niksheid en ek U Warm Lig oor my skouers voel.

Ek wil slaap totdat die klem in my vuiste verslap en my veg-en-baklei, oop-palm en gelate die Worstelstryd oorgee in U Wyse Hande.

Ek wil slaap totdat my Wese vryval in die Heuninglou Vrugwater van U Genade.

Ek wil slaap totdat ek wasbleek en stil, kan rus in U Rus.

© Emmerentia Pienaar




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed