Hooglied liefde (Goud)
liefde het ‘n fyn gestalte
biggelbroos soos porselein
breekbaar nes die dun kristal
van ‘n glasie vonkelwyn
liefde speel sy lentelag
oor die skyn van ‘n gelaat
strelend soos die môreson
ewig bly en nimmer kwaad
liefde blom soos mosaïek
in die vroeë aand se gloed
en soos heuning om ‘n mond
maak dit die lewe suikersoet
liefde lê soos dryfhout
in dooie stukke op die sand
maar in die hitte van ‘n vuur
sal dit in hooglied tonge brand
liefde is so sag soos sy
en vra altyd hunkerend na meer
dra dit na die hoogste pieke …
maar sit dit altyd saggies neer
Andries Fourie (Seirdna)
01.04.2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek