Jongste aktiwiteit:

Die dood roep my naam

Vir lank dwaal ek rond, wil ek nie glo
Met Sy arms oop bekyk Hy my van bo,
My lewe is donker deur sondes belaai
Doen ek my wil dan het ek Hom verraai;

Deur troetelsondes wat my lewe oorheers
Soos ‘n universiteits student saam met ‘n beurs,
My wilskrag laat my gedurig in die steek
Veroorsaak dat my & God se verhouding breek;

Skeiding het ontplof, daar is ‘n muur tussen my & Hom
Vir die antwoord hoef ek nie te soek, kort ek geen som,
My hande dra bloed, my oë wandel op aardse goed
My optrede word gestraf, ek word daagliks beboet;

Die duiwel trek my aan & neem my op sy spoor
Liewe Heksie is eensaam, hy wil my leer toor,
Ek worstel met die wêreld & al die verkeerde dinge
Ek krap rond in die duister, verdwaal in donker kringe;

Satan se boosheid val my aan
Krappe & wonde is waaruit ek bestaan,
Soos ‘n toon teen ‘n klip of ‘n vis aan ‘n lyn
So hardloop ek saam met lydende pyn;

Met my ongehoorsaamheid & ligsinnigheid word ek gestraf
Lei ek my eie lewe tot na aan die graf,
Verdwalend staan ek nou voor ‘n kis
Hiervoor het ek nog nie lus.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak