
Mamma
MAMMA
Mamma, jy wat
taal op my tong geplaas het
kleure in my oë geverf het
‘n storie in my ore geplant het
‘n dansie in my spore gesaai het
blomme in my trane rangskik het
‘n gebed in my stem gevleg het
Mamma…
dis jou siel wat onder my vlerke in geblaas is
jou stem waarmee my hart gevoering is
jou wysheid wat my kniee sterk maak
jou woorde wat my bloed rooi maak
© – Barbara Smit 11/05/2018
3 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van die beelde.
-
Viooltjie
Goeie werk, Barbara :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek