Sereen soos poësie
deur die ruising
van die vrugwater om my
klingel jou stem
deur die polsing
van die naelstring
brand jou liefde deur my
alles, ja alles in Afrikaans
Moeder jou liefde in
eg Afrikaanse tongval
was sereen soos poësie
en het my geseën
in volrond woorde
ja, my fondasie was vas
en seker in Afrikaans
©Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van die beelde.