Jongste aktiwiteit:

oor bietjie

stil sit ek op my duin en dink
tyd het baie emosionele effek
sien jy daarna uit om iemand
te sien na lange afwesigheid
kan tyd nie vinnig genoeg loop
vlieg weersien oomblikke verby
briek jy tevergeefs tyd se wiel
verloop dit pynlik by jou verby

my duin bring helderheid in sig
sigbare tyd is altyd realisties so
vandag en nou is sigbaar soms
kru en kil in sy meedoënlose tik
tog sweef my siel nog op golwe
van gister se hoogwater merke
saam met wit skuim wat soom
sand benat en verdwyn daarin

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed