![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2018/05/FB_IMG_1526144838564.jpg)
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY
Moeder is ‘n deel van my
‘n stukkie wat in my hart sal bly
ek is so dankbaar vir jou en my
al die drome wat in my hart sal bly
ek smag na moeder elke dag
ek wens ek kon aan ma weer vat
haar dukkies was so moeder sag
my hart sal altyd daarna smag
niemand sal weet hoe swaar dit is
en al die verlange in my hart kon lees
om vir ewig sonder ‘n moeder tewees
ons mooiste prentjie is nou uitgevee
groot heimwee na my moeder se dood
groot diamant trane blink oor my skoot
pynlike hartseer dobber soos n boot
Moeder se liefde was oneindig groot
© Eleen van Deventer
4 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Baie emosie in hierdie stuk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek