Nader aan U
As die reen net soms saggies op my lewe wil val…
Sou ek dankbaar voor Hom staan,
My siel blom soos ‘n lelie onder in die dal…
Sal ons Sy handewerk ooit verstaan?
Heer van Aard en Hemel,
Hoe troebel voel ons soms? Alleen…
U is Skepper, die Blink morester.
Skenk ons gemoedskalmte… Rede om die dag as Koningskinders te ontmoet…
Wyl ons in stilte tot U nader, omvou ons met Vaderliefde.
Soms is ons ontrou…
Lei ons deur die onbekende, styf teen U bors vasgehou.
Leer ons om te aanvaar wat ook al mag gebeur…
Skenk ons vreugde om ons daagliks op te beur.
Wanneer ons hartseer beleef
Ons mag onthou U verstaan ons seer.
Laat U reen saggies oor ons val…
Ons siele blom soos die Lelie in die dal…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.