Jongste aktiwiteit:

Die Stilte

Die stilte betower my siel, versag my hart
en verbrysel my smart.
Dit ontferm my en beskerm my,
Dit ontwaak die skrywer binne my.
Soos ‘n koppie koffie soggens die son vergesel,
So vergesel die stilte my.

My gedagtes vergader om kerslig en bespreek my lewe,
my hartseer en verlede.
Stadig maar seker in die stilte herroep
die stemme van als verlore:
Vriende en kennisse, liefde en terugslae,
Als kom na vore.

In die stilte,
die wonderlike stilte.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed