Die pad “Huis toe”
Ons beweeg van dag tot dag in verskillende rigtings… Ons verskil ten opsigte van voorkeure,denke en ook opinies.
Alhoewel ons verskillende weë bewandel, is daar 1 weg wat ons almal moet loop… Die smal pad ‘huis toe’.
Ons sal nooit seker wees hoe lank of kort die reis mag duur. Sekerheid is, ons almal het ‘n bepaalde uur… Die uur van groet, afskeid neem en vaarwel.
Ons bly onseker oor wat die dag van môre mag bring. Ons is seker van ‘n hoër hand wie sterk en lei. Roep vandag luidkeels na Hom, O’ Blye Versekering! Roep na Hom wie plek ook vir jou voorberei.
Al waai die wind en woed die golwe oor stormagtige see, Hy neem ons altyd aan die hand. Veilig, ja veilig lei Hy Sy kudde na veilige strand.
Ons almal het ‘n weg om te loop… Die pad ‘huis toe’.
LG Kotze
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.